Thursday, December 31, 2009

Namárië .. Farewell

Ek leen die aangehaalde woorde by n baie spesiale persoon, omdat ek dit self nie beter kon stel nie. Asof dit lank terug geskryf is, spesiaal vir my, sodat ek dit kon vind.

“And the voice is asking, almost yearning, and it comes with a song, so desolated, so alone, a soul on the other end of the world searching like my own. But always the fear, always the need to run, so I set it free, to plunder the seas and running the risk of losing it forever, I sent it into the storm, but with a promise, I ... wait always ashore. Return to me, find me, fetch me. I want you to.”



And with these words I have to leave a part of you behind in 2009, set you free. But also losing the better part of me.

I lo..

Namárië.


ACCIDENTS CAN HAPPEN


[Artist: Sixx AM]

Don't give up, it takes a while
I have seen this look before
And it's alright
You're not alone
If you don't love this anymore
I hear that you've slipped again
I'm here 'cause I know you'll need a friend

And you know that accidents can happen
And it's okay,
We all fall off the wagon sometimes
It's not your whole life
It's only one day
You haven't thrown everything away.

Take some time and learn to breathe
And remember what it means
To feel alive
And to believe
Something more than what you see
I know there's a price for this
But some things in life you must resist

And you know that accidents can happen
And it's okay,
We all fall off the wagon sometimes
It's not your whole life
It's only one day
You haven't thrown everything away.

I hear that you've slipped again
I'm here 'cause I know you'll need a friend

And you know that accidents can happen
And it's okay,
We all fall off the wagon sometimes
It's not your whole life
It's only one day
You haven't thrown everything away.

You know that accidents can happen
And it's okay,
We all fall off the wagon sometimes
It's not your whole life
It's only one day
You haven't thrown everything away.

So don't give up
It takes a while.

Wednesday, December 30, 2009

Verdwaal

30 Desember.

Ek word al hoe besiger in n poging om minder te dink. Besig om die matte te stofsuig toe die gedagte vanuit die bloute my tref: ek het nog nooit lank genoeg n vriendin gehad om te se ‘we were childhood friends or we went to varsity together’ nie.

Yup ek ken heelwat erg spesiale mense, vriende en vriendinne, vir n mooi klompie jare. En dis mense vir wie ek omgee. Maar niemand wat kan se ek dink hierdie haarstyl sal jou beter pas of ek dink daardie klere gaan perfek saam nie. Vir so lank ek kan onthou. Dit was maar nog net altyd ek op my eie. Seker waarom ek dit nog nie gemis het nie.

Ek is n stille runaway. Ek IS n stille runaway. En was nog altyd. Dis nie iets om op trots te wees nie, dit maak seer. Dit voel soos n siekte of straf wat ek nie verstaan nie, met die gevolg dat ek nie weet wat om daaraan te doen nie.

Waarvoor is ek so bang? Commitment .. Met enige iets wat ek in die lewe aanpak? Bang vir geluk .. want wat as dit werk?

Anyways.

30 Desember. Ek was tot my eie verbasing fine tot nou toe. Ek het Kersfees oorleef en skynbaar 2009 ook.

Tot vanmiddag.

Tot nou.

Ek vrees more aand hierdie tyd in afwagting van die nuwe jaar. Ek het gedink ek gaan sterker wees. Maar dis asof die realiteit van 2009 wat ek so diep begrawe het sonder om ooit daaroor te huil alles met een slag in n fratsgolf wil terugkom en oor my wil spoel met die intensie om my te verdrink.



Ek was so seker die seer is diep genoeg weggebere dat n dapper smile die ding sou doen, maar nou breek ek, kom daar krake in die mure waaraan ek so hard gebou het. Binne my kruip ek weg soos n klein kind wat weet hy is in die moeilikheid of die boelies gaan hom vang.

Ek wil 2009 verby kry .. iemand asb vat dit net weg .. maar 2010 .. n nuwe jaar maar wat is dit meer as net nog n dag. Terminale pasiente se siekte word nie op hold gesit nie.

Ek was veronderstel om sterker te wees as dit. Dis asof die jaar homself in split-sekonde flashbacks voor my afspeel. En die nagmerries wat mens gebid het net drome is nou as realiteit voor jou staan.

Ek was veronderstel om sterker te wees as dit.

‘We are not the same persons this year as last; nor are those we love. It is a happy chance if we, changing, continue to love a changed person.’

Ek was veronderstel ..

Sterker ..

Ek kan nie ..

Ek kan nie ..

Monday, December 28, 2009

Time Changes Time, I Hope

Vriendin van my se seuntjie het n teorie oor waarom die muskiete so lief is vir hom. Hy se dis omdat hy net 8 jaar oud is en dus as’t ware nog vars is vir hulle.

Hmm.

Dit herinner my met n ompad aan die volgende. Jy het kwaad geword hieroor. Ek het nooit gese dit was vir jou nie, maar soos dit twaalf dae later sou blyk, het die skoen jou inderdaad perfek gepas.

BOUNCE

take my heart
rip it out
go ahead
it’s ok
you can’t kill
the already dead
throw it against the wall
let it make its mark
fingerprints in red
bounce back
like a rubber ball
like the toy
that it has become
watch it fall
fake a beat
play dead
tired
worn
torn
broken
and i suddenly wonder
was it ever whole
to begin with?

© 01.02.2009

Anyways. Ek het my skryf musiek aan. Een spesifieke song wat my altyd onmiddellik in my wereld verplaas, diep in die donker van die woud met my arms styf om die bome gedraai. Veilige vryheid.

‘Seven Sirens and a Silver Tear’. Nogal n gepaste temalied indien enige van my blogs ooit in n biografiese fliek sou ontaard .. maar dis net woorde.

Dieselfde woorde waarmee mense lewenslange trou aan mekaar beloof (en dit weer breek), dieselfde woorde waarmee n siek persoon bid om genesing, dieselfde woorde waarmee lande vredes-ooreenkomste met mekaar sluit en dieselfde woorde wat n moordenaar uiter voor hy die sneller trek.

Dit is alles net woorde.

Net jy .. wat nie koebaai kon se nie. En die eggo van n sug n lewenslange konkrete werklikheid vir my gemaak het.

Geestelik is ek besig om woorde in die sand te skryf. Soms wen die wind my en waai hulle weg voor my hand hulle kan platvee. Dis die ding van woorde .. mens tel hulle op soos die woorde in die sand, hou vas dit in jou hand, maar wanneer jy jou vuis net effens oopmaak val die korrels een vir een na onder en word ontvoer op die asem van die wind.



2010. Ek kan nie besluit of ek dit wil uitstel of aanjaag nie. Soos n tandarts afspraak. Jy weet dis uiteindelik tot jou voordeel. Maar ‘uiteindelik’ word eers voorafgegaan met n proses.

Ek dink aan verandering. Big time.

Nie verandering nie. Dis meer soos, hmm .. as mens iets verloor het. Jy soek rond deur die huis en vind dit nie, maar weet dit was hier iewers. Dan begin jy vir n tweede en derde maal oor jou eie spore loop, kyk weer en weer en weer op dieselfde plek .. net ingeval jy die vorige keer iets misgekyk het.

Going forward in reverse. Dis basies wat ek in gedagte het. Ek moet vorentoe beweeg, maar om goedsmoeds met oogklappe die toekoms in te strompel en te hoop vir n nuwer beter ek, gaan nie volhoubaar wees op die langtermyn nie. Want krake wys weer na n tyd al verf jy oor hulle.

So ek moet weer en weer op dieselfde plekke gaan soek na stukkies van myself totdat ek weer n heel prentjie kan vorm. Ek moet die slegte dele uitsny en die goeie dele enhance. En al daai glasstukke op die grond een vir een optel en n mosaiek maak wat n splinternuwe prent vorm.

Klink so maklik as mens dit in n paar reels kan verwoord. But it’s do or die. En tyd het geleer dat die maklike pad in die meerderheid van gevalle nie die beste pad is nie. Maar dat jy eerder die moeilike pad vat, vol kronkels en draaie wat jou slyp en vorm sodat jy perfek aan die ander kant uitkom.

My venster is wawyd oop. Die naglug is koel maar nie koud nie. Dit dou liggies buite, want ek ruik vars aarde. Sonder make-up .. net vars ongekunstelde aarde. Ek asem diep in en bere die reuk so tydjie in my longe voor ek weer laat gaan.

Anyways. Verandering. Ek weet waar ek was en waar ek weer wil wees. Of ek dit kan regkry is n heel ander storie all together. Die een oomblik is ek dapper en sien ek kans vir die uitdagings maar die volgende oomblik wil ek diep in daai einste woud gaan wegkruip, die skaduwees soos komberse om my vou en hoop dit maak my onsigbaar.

Maar die lewe is kort. En word korter by die sekonde. Ek kan nie weer n 2009 he of iets wat dit net naastenby resemble nie. Ek kan eenvoudig nie.

Een van my vriende se altyd, as hy moet weet hy het net x aantal jare oor om te leef doen hy weet-bix en rooiwyn elke oggend vir ontbyt. Hoekom nie? En hy het dalk n punt beet, want ons weet nooit wanneer daardie streep vir ons getrek gaan word nie.

Dalk gaan ek nog voor ek die publish post button geclick het, dalk sien ek 97 soos my ouma op hierdie stadium. Point is, we never know.

En toe kruis die volgende woorde van wysheid my pad vandag (ek dink nie dit was toeval nie, they were meant to find me):

“The shell must break before the bird can fly.”

Presies! Maar daar is geen fineprint om te waarborg dit gaan n maklike of pynlose proses wees nie. Die wond waar my verstand-tand nog 5 dae gelede gesit het, getuig daarvan. Thus it will be do or die after all. Alles of niks.

And change will be for the better. It will háve to be for the better. Ek mag nie vir minder as dit settle nie, maar dit gaan van my en my alleen afhang .. en dis waar die wantroue in myself kop uitsteek.

Ek sluit die preek aan myself af met die volgende, en ek het net die eerste reeltjie hier geplak, die res is nie eers nodig nie:

“What I do today is important because I am paying a day of my life for it.”

Wat as vandag onwetend my laaste dag is? En al wat ek doen is vashou aan die niks waarmee jy my gelos het nie .. en ek skryf die woord koebaai in die sand.

Edit: Sleepwalking past your name

Ek het alweer fokus verloor in die vorige post en myself in n hoek gedryf met die onuitgesproke noem van jou naam.

Die eintlike doel van die post hieronder was om myself daaraan te herinner dat ek, almal van ons for that matter, altyd moet onthou .. most of the times we are ignorant of the fact that just maybe our mere existence is enough for somebody out there.

Somebody might be in desperate need of hope. And it doesn’t necessarily have to be a ray of bright light. Because a lending hand in the dark can also help somebody find their next step, even if there is no light.

Iemand het my eenkeer die volgende woorde gesms. Ons is nie goed uitmekaar nie, maar sy woorde het soos klippe op die vloer van my siel neergereën, so hard was die impak daarvan. En ek dink dis wat ek op my lomp manier met daardie post probeer se het ..

“Understand how beautifully God has added one more day to your life. Not because you need it, but because someone else needs you.”

Sunday, December 27, 2009

Sleepwalking past your name




Hierdie tyd van die jaar, feitlik elke jaar vir solank ek kan onthou, doen ek voorraadopname, inventaris in die hand. Elke sin in my kop eindig met n vraagteken. Ek antwoord vrae met nuwe vrae.

En vir een of ander rede kom ek telkens voor dieselfde woord te staan: Hoop.

Dis n konsep wat my wind met n gebalde vuis heeltemal uitslaan, die mat onder my voete uittrek wanneer ek dit die minste verwag en soms n emmer yswater oor my kop uitgooi, sommer vir die lekker.

What gives people hope?

Vir my? Honestly? Goed wat nie in papier toegedraai kan word of met geld gekoop kan word nie. Punt lyn.

Dis nie noodwendig die sonstraal wat n goudgeel strik in die blou lug vorm nie, maar die invalshoek waarteen dit een enkele doudruppel in n bottelgroen bos tref en vir n oomblik in tyd die mooiste liquid-diamant op aarde binne jou bereik plaas.

Jy het soms nie die selfvertroue nodig om die bike te ry nie, net iemand om in jou te glo dat jy dit sal regkry.

Skool was hel op aarde, maar meeste van ons het n gunsteling onderwyser gehad wat ons nie wou teleurstel nie. En die punte in daardie betrokke vakgebied het dit meeste van die tyd bewys.

Wat ek nou gaan se is dalk vir party mense verregaande .. dit mag dalk selfs as vals hoop bestempel word.

Maar soms kom daar mense op jou lewenspad, in die tyd van moderne tegnologie nie eers altyd mense wat jy in die werklike lewe ontmoet het nie …

En tog wil ek se .. your existence gives me hope.

Dis seker nie iets konkreets om aan vas te hou nie, maar wanneer mens heeltemal niks het nie, jou vingers versteen het en verleer het om te buig, is dit genoeg.

Your existence gives me hope .. hmmm. Maar jy is lankal nie meer myne nie, was nooit myne nie. Jy het nooit regtig eers van my gehou nie, waarskynlik net die aandag geniet. En tog .. met jou .. moet ek myself aan die volgende herinner .. en dankbaar wees ..

“I have to remind myself that some birds aren't meant to be caged. Their feathers are just too bright. And when they fly away, the part of you that knows it was a sin to lock them up dóés rejoice. Still, the place you live in is that much more drab and empty that they're gone. I guess I just miss my friend.” [The Shawshank Redemption]

Friday, December 25, 2009

Walking within




Kersfees 2009.

Soos ek hier skryf nader dit n sporadiese einde. Met n frons op die voorkop is dit so maklik om gemaak-geïrriteerd te verklaar dat mens wens dit was al verby, tesame met al die nuwejaars-vieringe wat nog voorle.

Maar agter die gordyn van my siel heimlik te wens die mooiste dag van enige jaar, Kersfees, kan tyd tot stilstand bring. Net om die magic van hierdie spesiale dag dieper te laat insink.

Helaas, die uurglas loop leeg en Vader Tyd knipoog vir my asof om te se ‘be careful what you wish for’ want die dag nader sy einde.

Kersfees ontmasker my punt lyn. Is nou maar net so. Dit maak nie saak hoe hard ek aan die buitekant probeer wees nie, ek los maar die miere om die kat se kos te steel want dis Kersfees.

En ek word dapper oor Kersfees, want hoop word skielik n woord met handvatsels. En ek vra myself onder kruisverhoor of verandering werklik volhoubaar kan wees in die nuwe jaar?

En ek het hierdie innerlike begeerte om iewers iets te wil beteken en wonder wat is beter om twee mense op straat elk met R50 te surprise en of tien mense nie elk met R10 sal baat nie? Maar ek het nie die selfvertroue om oor te gaan tot aksie nie, al is dit vir n goeie doel .. en stap uiteindelik weg sonder om enige iets te doen.

Passive Aggressive. Alweer. My nuwe middelname.

En in my kamer as dit stil word en die ligte doof om my uit, wil ek uit die diepte van my hart die onmoontlike vir mense verrig. Daardie baba waarna hulle smag in sagte komberse onder die boom gaan sit, of die sak probleme maak verdwyn waarmee iemand worstel en sommer n boksie soetgoed in die plek daarvan los. Die goed wat geld nie kan koop nie .. maar ek kan nie.

Dis dán wanneer daardie kombers van magteloosheid loodswaar oor my skouers gedrapeer is. Want die goed wat ek wens en hoop en bid is vir mense wat dit myns insiens werklik verdien. Ek kyk na hoe hulle cope met hul probleme, hul daaglikse realiteit .. dan kyk ek in die spieel en sien hoe ek breek oor n droom wat net in my kop bestaan het .. en ek word skaam.

En ek wonder weer .. is verandering moontlik? Ek praat nie van nuwejaarsvoorneme nie. Ek praat van volhoubare verandering sodat ek solank lewe volgende jaar hierdie tyd voorraadopname kan neem en weet ek het n beter mens geword?

Ek wag vir mense om te se dis ok, ons settle vir die lelike eendjie. Maar is ek nie dalk die een wat moet vrede maak met die feit dat die lelike eendjie nie in hierdie leeftyd n swaan gaan word nie?

Wie en wat staan werklik in die pad van my innerlike vrede en vreugde? Regtig?

Ekself.

Daai woord sny soos n minora blade en daardie letters bloei louwarm oor my hart, want dis nie lekker om te erken nie. Ek kyk spesifiek vandag na my familie. En dis net liefde, blind vir hoe ek lyk, doof vir my foute, verlam wanneer ek hul rede gee om weg te loop van my. Ek kyk na mense wat die moeite gedoen het om my te onthou; mense met wie ek tegnies gesproke die toue met n chainsaw gesny het. Maar hulle het my onthou ..

My oë blink. Ek kyk na 2010 en dink by myself ‘this is do or die’ .. daar is nie alternatiewe nie. Ek is bang, ek twyfel en voel nie opgewasse nie. Ek wil omdraai en weghardloop van myself, maar dis nie prakties moontlik nie.

Do or die.

“Vir ons is n Seun gebore .. aan ons is n Seun gegee ..”

Waarom staar ek oop-oog blind teen my antwoord vas?

Geseënde Kersfees.

Thursday, December 24, 2009

Fragile Breath

Vir nou het ek meer gedagtes as woorde. Maar ek is opreg dankbaar vir familie wat my omvoorwaardelik liefhet en aanvaar nes ek is, al begryp my kop nie altyd hoekom nie.

Kersfees .. maak die kind in my wakker. En skielik lyk al die ander goed waaroor ek daagliks afgaan so klein en nietig. Hoop elkeen wat hier lees het ‘n baie aangename oukersaand saam met mense wat saakmaak. Regtig.



[Artist: Todd Agnew]

I searched the world for a song that I could sing
Praise to my King A gift that I could bring
But no music I found could compare to you
Not one could do Justice to your glory
What are my songs compared to yours

Chorus:
You speak with thunder and lightning
Your voice shakes the mountains
The foundations of the earth
All I can offer is this fragile breath
With each one I'll praise You
With each one I'll praise You more

I searched the world for a poem I could read
A rhyme that would bring Glory to my King
But no writing I found was worthy of
This God high above All other gods
What are my words compared to yours

Chorus

Speak to me, speak to me please
Won't You speak to me

Chorus:
You speak with thunder and lightning
Your voice shakes the mountains
The foundations of the earth
All I can offer is this fragile breath
With each one I'll praise You
With each one I'll praise You more

Wednesday, December 23, 2009

Doolhof




Ek was skottelgoed. Party bakke is skoner as wat nodig is, want my geestesoog kyk verby die pastel-blink kleur van die borrels skuim voor my. Een van die honde trek my aandag en bring my terug na die te skoon bak in my hande, wat ek gedweë goedsmoeds in die afdroograk neersit.

Een van die bure het dit klaarblyklik goedgedink om na Dana Winner te luister, hard genoeg dat ek, in ballingskap voor die wasbak, geforseer is om elke woord te hoor.

Follow your heart, hold on to your soul
That is the way I know
Follow your star 'till rainbows unfold
And we'll walk in the sun as one
until the end of the road


Hmm. Ek het lus en skree bull$h!t oor die muur, want dit werk nie so in die regte lewe nie. Ek word van voor af kwaad vir jou, want jy het alles gevat .. and left me with me.

En ek wil vir Dana Winner verduidelik dat mens se hart vir jou lokvalle stel, dat jy jou siel aan die duiwel verkoop, dat jy ook eens op n tyd jou leuens in reenboogpapier toegedraai het.

Ek sit vandag en wonder of ek my ou blogs moet begin lees op soek na leidrade van wie ek was of veronderstel is om te wees. Dit voel nie soos Kersfees nie. Ek play-rewind 2009 in my gedagtes, ek probeer dinge undo undo undo tot ek jou weer kan losteken van my, sodat jy hierdie keer kan terugstap in die rigting waarvandaan jy gekom het, but facing me. Having the guts to face me.

Maar ek hou aan myself verloor.

Jy het my siel verlam.

Tuesday, December 22, 2009

Phantom Agony




Alweer sulke tyd.

Doodmoeg maar sukkel om aan die slaap te raak. But once I do, the nightmares take me hostage.

Die vorige nag was daar (weer eens) geskrewe boodskappe. Hulle was genommer. En oral versprei soos leidrade: op my e-mail, selfoon, en selfs gevoude briefies in n notaboek.

Maar oudergewoonte, sodra ek by hulle kom, verdwyn die letters, of word die boodskap somehow delete voor ek dit kan sien. Dit maak my mal van frustrasie.

En die man, amper soos n hedendaagse stalker, silhouette vorm in n lang swart jas en met n hoed op. Hy was daar om elke hoek en draai. En al kon ek hom by tye nie sien nie, was sy teenwoordigheid onmiskenbaar.

En ek moes vlug, hardloop, soek, oplos .. soos feitlik elke ander aand van my lewe. Dan staan ek weer op in die oggend, meer moeg as toe ek die vorige nag gaan slaap het.

Ek droom soms steeds oor jou. Maar ek wil nie .. please make it go away?

Retoriese vrae




Waarom probeer mense gees vang vir Kersfees? As dit werklik uit jou hart uit kom, gaan dit mos nie nodig wees om dit oor n toonbank te koop nie? Of word geloof deesdae ook in blink papier toegedraai?

Hierdie is die eerste jaar in my hele lewe waar ons nie n Kersboom het nie.

Dit beteken nie ek herdenk nie die dag nie, maar vier dit op n stiller manier in my hart as ek nog so iets het.

Change change change .. die woord rondomtalie in my kop tot ek wil duiselig word daarvan. Change is always for the better, right?

Hmm. Ek dink aan hoe n aangenome kind moet voel wat na jare na sy biologiese ouers soek en opspoor, met n kognitiewe prentjie van hoe hy dink hulle moet wees .. en dan die teleurstelling as hy sien hulle is alles wat hy nie gehoop het hulle sou wees nie. Die ontnugtering.

Dis hoe ek nou voel. Asof die skille van my oë afgeval het en ek vir die eerste keer myself sien vir wat ek regtig is. Nou wat nou? Waarheen hiervandaan? Want obviously het ek drie dekades lank gebou aan n leuen. Want ek is nie wie ek gedink het, durf ek se, gehoop het om te wees nie.

How does one escape if you are your own living nightmare? Wat is die punt van dit alles, waarom die moeite doen om nuwe mense te leer ken en hulle nader aan jou toe te laat as jy weet jy gaan hulle weer net so wegstoot op n mooiweersdag? Waarom .. waarom gaan mense dood wie die lewe meer nodig gehad het as wat ek daarmee doen?

WTF.