Monday, May 25, 2009
Albasters
jy skiet al jou albasters
in die gatjie van my hart
klein glas-oog planete waarmee
jy my wêreld stukkend spat
jou woorde rol roekeloos oor die vloer
ek kniel en tel hul biddend op
huisves jou sinne in die palm van my hand
terwyl my hart by jou verby galop
stukkende albasters oral op die vloer
glasstukke maak wonde in die vlees
ek sit my hand bewend op die splinters neer
daar … waar jy moes wees
© 24.05.2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Amasing foto`s. Ek hou van jou dig.Ek hou van jou woordspelings.
ReplyDelete