Monday, May 25, 2009

Verdwaal

'my beloved do you know
how many times I stared at clouds
thinking that I saw you there'

[Taken from: Beloved, VNV Nation]



beloved_sky_tunnel

Blindelings lees ek die tekstuur van die donker mure soos braille en tas ek soekend na die pad wat my voete moet volg. Die donkerte het my geblinddoek, my ontneem van beide ‘n refleksie en ‘n skaduwee. Dis net .. donker.

Ek struikel soms oor wat ek hoop antwoorde mag wees, maar elke onvoltooide sin deur jou is soos ‘n afgrond wat ongesiens my pad te vinnig kruis.

Dit voel by tye of ek myself kompasloos in die Grand Canyon van die lewe bevind. Ek verdwaal strategies in die stegies sonder lig aan die einde.

Ek is moeg .. ek soek tevergeefs na antwoorde, bid vir brĂ»e oor daardie diep donker klowe, wens vir ‘n vuurvliegie om net vir ‘n wyle my pad te kruis, smag .. om jou weer raak te leef.

Vir ‘n vlietende oomblik distansieer ek my ..

.. en sien myself spartel in die kreukels van God se hand.

1 comment:

  1. "my beloved do you know how many times I stared at clouds thinking that I saw you there"
    ...

    ReplyDelete