Monday, August 10, 2009

Hou my vas

[Artist: André G Nel]

hold_on (350 x 466)

Jy stap weg kyk terug
Lê jou hart teen my gesig
En raak aan my vir nog ‘n laaste maal

Ek wou keer dis te laat
Jy’t gegroet en ek wou praat
Die tyd het ons twee ingehaal

[Refrein]:
Hou my vas sit my neer
Tel my op nog ‘n keer
As alles weer kan wees soos wat dit altyd was
Hou my styf teen jou lyf
Hou my vas

Lê jou hand teen my sy
Al weet ek dis verby
So in die stilte van ons laaste aand

Van uitstel kom afstel
Wie gaan die stukke optel?
Elke nou en draai jy nog in my rond
Ek soek nogsteeds jou voetspoor in die grond

[Refrein]

Jy stap weg kyk terug
Lê jou hart teen my gesig
Raak aan my vir nog ‘n laaste maal

Na die laatnag eufories
Word alles so ironies
Sonder jou het ek verdwaal

Hou my vas sit my neer
Tel my op nog ‘n keer
As alles weer kan wees soos wat dit altyd was
Hou my styf teen jou lyf
Hou my vas

1 comment:

  1. "Lê jou hand teen my sy
    Al weet ek dis verby
    So in die stilte van ons laaste aand"
    Ai...

    ReplyDelete