Friday, October 23, 2009

Wonder

Sommer iets van 'n paar maande gelede wat vandag aanhoudend by my spook.


met uitgestrekte arms wat my lankal nie meer verwelkom nie
staan jy in ‘n veld vol van gister se onthou
jou loodswaar kop geboë na die grond
steek die vlak gevoelens in jou diep-donker oë vir my weg

jy hou wag oor die kom en gaan van die seisoene
terwyl die herfsblare teen jou verlamde lyf vaswaai
en ek soekend op die grond na vergifnis tas
in die skadu van jou kruis-kloon-silhouette

jy stap sonder spore geanker op een plek
harteloos by my verby
ek kniel op die grond met ‘n hand vol strooi
en wonder was jy net so kléin bietjie lief vir my

(c) 07.05.2009

No comments:

Post a Comment