Wednesday, January 13, 2010

Te lank al

[Artist: Anna Davel]



Ek weet jy wil nie huis toe gaan nie
en ek weet jy kan nie die dop laat staan nie
en jy klou aan iets wat jy self nie verstaan nie
ek weet jy hardloop vir solank al, te lank al te lank al

ek weet jou huur is al lankal due
en baby ek weet hulle gaan jou sue
ek weet dit sal weer beter gaan
ek weet jy hardloop vir solank al, te lank al te lank al te lank al

ek weet jy wil van als vergeet en jouself begrawe in die see se sweet
want die water sal vergifnis bring
en die sout sal invryf in die plek waar jou seer begin

ek weet jy wil van als vergeet
en jouself begrawe in die see se sweet
want die water sal vergifnis bring
en die rotse oor jou weerloosheid laat sing

ek weet jy's vir almal bang en kwaad
en ek weet jy blame haar vir jou eie haat
ek weet jy gee alles om net iets te voel
ek weet jy hardloop vir solank al, te lank al, te lank al

ek weet jy't nie meer lief uit liefde nie
ek weet hulle gebruik jou en jy keer dit nie
ek weet jy't nodig om vry te wees
ek weet jy hardloop vir solank al, te lank al, te lank al te lank al

1 comment:

  1. "ek weet jy wil van als vergeet
    en jouself begrawe in die see se sweet
    want die water sal vergifnis bring"

    Eendag...

    ReplyDelete