‘Om te dink jare gelede toe ons klein was, het ons in die ry by die glyplank gestaan, en ons grootste bekommernis was of ons ook n beurt gaan kry.’
Woorde wat ek nooit sal vergeet nie. Vol eenvoud, maar tog so waar.
En hier staan ons vandag, volwasse kinders in die speelpark van die lewe. En ek wonder of daar werklik soveel intussen verander het.
Ek is uitgehonger vir skryf maar ek frommel my paragrawe een na die ander op en gooi dit op die vloer vir die kat om mee te speel. Dalk kan hy meer nut daaruit kry. Ek het nooit erg aan puzzle bou gehad nie, en op hierdie stadium voel my sinne soos losstaande woorde wat nie sinmaak of verband hou met mekaar nie.
My thoughts are random. It’s like pulling at the opposite ends of a christmas cracker when we were young, but now – not knowing what emotion is going to emerge from it.
Ek word soms stil en dan sien ek weer die kind in my van dekades gelede. Kaalvoet in die sand met n hele peleton army mannetjies wat die wereld van ondergang gaan red. Twiggy was beter as my i-pod, KIT was die kar wat ek eendag sou ry as ek groot is .. ek het n plan gehad .. en alles het sin gemaak. Of liewer, alles het in my wereld sin gemaak .. tot ek die hoof karakter in my eie verhaal geword het en die spieel in die backstage dressing room minder mooi vir my begin terugsmile het.
I loved my Cindy and Barbie dolls, but besides looking breathtaking and being a reminder of everything I would never be when I grow up, they were the manifestation of passive perfect plastic .. (hello 2009!)
Ek het Straatvalk gekyk tot my oë vierkantig was, die woorde gememoriseer en daarna my nuutgevonde vaardighede op die BMX-baan se gruis-kurwes gaan oefen. Ek het nog altyd n liefde vir helikopters gehad en was as kind naïef genoeg om te glo dat die kombinasie van die A-team, McGyver en Airwolf iets soos die World Trade Centre nagmerrie onmoontlik sou maak.
Ek wonder net of daar vandag fout is met my? Hoekom hou ek nie van chick flicks nie? Hoekom maak rose en choclates my geïrriteerd? En wat .. wat presies is dit .. wat my op hierdie ouderdom steeds kinderlik opgewonde maak as daar n nuwe Harry Potter movie uitkom, hoekom vervang ek n aktetas-handsak met n ‘I love vampires’ slingbag en waarom neem ek n dag verlof om die premiere van Lord of the Rings by te woon?
Why am I nothing more than Lucy Pevensie religeously believing in Mr Tumnus? Gaan ek nooit regtig grootword nie, of projekteer daardie superhero’s en fantasie-karakters net die verskil wat ek smag om te wees in ander mense se lewens, maar nooit sal wees in hierdie leeftyd, of die volgende nie.
Hmmmm .. may I just paint these words black, all of them, pretty please?
Saturday, November 14, 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Dit is wonderlik om steeds kind te wees!
ReplyDeleteMet al die daaglikse gemors moet 'n mens net ontvlug en fantiseer, rond spring en val, hardloop en "dit" voel.
Daar is niks "fout" met ons nie!
Vrede
H