Sunday, November 29, 2009

Never gonna be alone



Dit is my honderdste post in my nuwe blog-tuiste.

Maar daar is geen vuurwerke nie. Want, anders as in die verlede, hou ek baie meer terug. En le die eintlike waarheid in die dinge wat ek nié se nie.

Want ek moet vir my n pad óm jou oopskryf. Ek moet vir my n pad sónder jou skryf. Ek blog lankal nie meer vir dieselfde redes nie. Dis waarom ek hier kom skuiling soek het.

Om dit aan die een kant draagliker vir myself te maak. Want dis makliker om my woorde te kom wegsteek waar jy hulle nie gaan vind nie, as om te weet hulle is ‘out in the open’ en jy gaan hulle anyway nie lees nie.

Aan die ander kant, hmmm. Ek praat nie oor jou nie. Ek kan nie oor jou praat nie. Nie sonder om te breek nie. En dis n kant van my wat die wereld nie ken nie, so hulle mag dit nie sien nie.

Hierdie blog, ek weet nie, ek het gehoop dis my manier om van jou te genees. Soos mens n stuk naaldwerk aan die nate lostorring wat die dele verbind. En dalk, net miskien, dit regkry om iets nuut uit die nuwe stuk materiaal te maak. Maar dis nie so eenvoudig nie. Die garedraad het gate in die lap gemaak, die soom het n naat gevorm, en daar is permanente kreukels waar jou siel vas aan myne gele het.

Ek het myself verloor in jou. Ek het verdwaal in die kontoere van jou menswees soos mens verdwaal in jou eerste besoek aan n oorsese stad. Ek weet eerlikwaar nie meer wie ek is nie, wat ek geword het of veronderstel is om te wees nie.

I let myself go, and let go of myself at the same time. I don’t understand how a person can be faced with two choices: change or die. And yet, here I am: passive aggressive going nowhere slowly.

Die kind in my wil op my kniee langs die bed gaan kniel, soos die prentjies in die storieboeke, en saggies prewel ‘Dear God, melt this frozen heart back to ice’ ..

Maar ek kom nie eers sover om die woorde te uiter nie. Ek probeer hard, so flippen hard, smag daarna om my lewe te rewind na die niks wat ek was tot voor ek jou ontmoet het nie .. maar ek hoor n song soos hierdie, en vergeet vir n wyle van hoe soppy dit moet klink.

Want ek wonder hoe dit sou voel om vir n enkele oomblik voor jou te staan, oudergewoonte in die poele van jou diep-donker oë te verdrink, hierdie woorde vir jou te se: en te weet jy glo dit.

To anybody out there reading this, whether by chance or coincidence, please:

- never tell someone you love them if you don’t really really mean it
- if you can’t be kind to someone, please, at the very least, try not to hurt them?

Ek mis jou vanaand. Erg. Vergewe my as ek vir jou bid, asseblief? Ek wil jou net gelukkig sien, wat ook al die term geluk vir jou definieer.

In my world, alas, you’re never gonna be alone.

Farewell Beautiful Stranger ..



[Artist: Nickelback]

[Verse 1]
Time, is going by, so much faster than I,
And I'm starting to regret not spending all of it with you.
Now I'm, wondering why, I've kept this bottled inside,
So I'm starting to regret not telling all of this to you.
So if I haven't yet, I've gotta let you know...

[Chorus]
Never gonna be alone!
From this moment on, if you ever feel like letting go,
I won't let you fall...
Never gonna be alone!
I'll hold you 'til the hurt is gone.

[Verse 2]
And now, as long as I can, I'm holding on with both hands,
'Cause forever I believe that there's nothing I could need but you,
So if I haven't yet, I've gotta let you know...

[Chorus]
Never gonna be alone!
From this moment on, if you ever feel like letting go,
I won't let you fall.
When all hope is gone, I know that you can carry on.
We're gonna see the world out,
I'll hold you 'til the hurt is gone.

[Verse 3]
Oh!
You've gotta live every single day,
Like it's the only one, what if tomorrow never comes?
Don't let it slip away,
Could be our only one, you know it's only just begun.
Every single day,
Maybe our only one, what if tomorrow never comes?
Tomorrow never comes...

[Verse 4]
Time, is going by, so much faster than I,
And I'm starting to regret not telling all of this to you.
So if I haven't yet, I've gotta let you know...

[Chorus]
Never gonna be alone!
From this moment on, if you ever feel like letting go,
I won't let you fall.
When all hope is gone, I know that you can carry on.
We're gonna see the world out,
I'll hold you 'til the hurt is gone.

I'm gonna be there always,
I won't be missing one more day,
I'm gonna be there always,
I won't be missing one more day.

No comments:

Post a Comment