Thursday, December 3, 2009

Die Besef



die lappop
ruggraatloos saamgestel
uit flenterlap
van gister se verblykte
oulap-se-rooi-maak-mooi

harteloos opgestop
met oorskiet whatever
neem verlief met die
geborduurde geforseerde smile
van kombers-steek garedraad

knopies-oë wat star
strak en koud uitstaar
na die erens in nerens

dan eendag onverwags
nuwe hande om die vuil materiaal te voel
skoon vingers wat kneukel-wit vashou aan n siel
wat verniel en vergete op die ashoop le

en daarmee die eggo
van ‘n (weer) besef

dat my lappop arms
bewegingloos bly hang
al word ek hoe styf vasgehou
want ek het vergeet om te voel

.. en iemand het n lappop op die ashoop weggegooi ..

1 comment:

  1. Sal nooit weer met dieselfde oe na 'n lappop kan kyk nie.... hierdie is amazing, soos altyd...
    Keep it real
    Die kat

    ReplyDelete