Friday, December 25, 2009

Walking within




Kersfees 2009.

Soos ek hier skryf nader dit n sporadiese einde. Met n frons op die voorkop is dit so maklik om gemaak-geïrriteerd te verklaar dat mens wens dit was al verby, tesame met al die nuwejaars-vieringe wat nog voorle.

Maar agter die gordyn van my siel heimlik te wens die mooiste dag van enige jaar, Kersfees, kan tyd tot stilstand bring. Net om die magic van hierdie spesiale dag dieper te laat insink.

Helaas, die uurglas loop leeg en Vader Tyd knipoog vir my asof om te se ‘be careful what you wish for’ want die dag nader sy einde.

Kersfees ontmasker my punt lyn. Is nou maar net so. Dit maak nie saak hoe hard ek aan die buitekant probeer wees nie, ek los maar die miere om die kat se kos te steel want dis Kersfees.

En ek word dapper oor Kersfees, want hoop word skielik n woord met handvatsels. En ek vra myself onder kruisverhoor of verandering werklik volhoubaar kan wees in die nuwe jaar?

En ek het hierdie innerlike begeerte om iewers iets te wil beteken en wonder wat is beter om twee mense op straat elk met R50 te surprise en of tien mense nie elk met R10 sal baat nie? Maar ek het nie die selfvertroue om oor te gaan tot aksie nie, al is dit vir n goeie doel .. en stap uiteindelik weg sonder om enige iets te doen.

Passive Aggressive. Alweer. My nuwe middelname.

En in my kamer as dit stil word en die ligte doof om my uit, wil ek uit die diepte van my hart die onmoontlike vir mense verrig. Daardie baba waarna hulle smag in sagte komberse onder die boom gaan sit, of die sak probleme maak verdwyn waarmee iemand worstel en sommer n boksie soetgoed in die plek daarvan los. Die goed wat geld nie kan koop nie .. maar ek kan nie.

Dis dán wanneer daardie kombers van magteloosheid loodswaar oor my skouers gedrapeer is. Want die goed wat ek wens en hoop en bid is vir mense wat dit myns insiens werklik verdien. Ek kyk na hoe hulle cope met hul probleme, hul daaglikse realiteit .. dan kyk ek in die spieel en sien hoe ek breek oor n droom wat net in my kop bestaan het .. en ek word skaam.

En ek wonder weer .. is verandering moontlik? Ek praat nie van nuwejaarsvoorneme nie. Ek praat van volhoubare verandering sodat ek solank lewe volgende jaar hierdie tyd voorraadopname kan neem en weet ek het n beter mens geword?

Ek wag vir mense om te se dis ok, ons settle vir die lelike eendjie. Maar is ek nie dalk die een wat moet vrede maak met die feit dat die lelike eendjie nie in hierdie leeftyd n swaan gaan word nie?

Wie en wat staan werklik in die pad van my innerlike vrede en vreugde? Regtig?

Ekself.

Daai woord sny soos n minora blade en daardie letters bloei louwarm oor my hart, want dis nie lekker om te erken nie. Ek kyk spesifiek vandag na my familie. En dis net liefde, blind vir hoe ek lyk, doof vir my foute, verlam wanneer ek hul rede gee om weg te loop van my. Ek kyk na mense wat die moeite gedoen het om my te onthou; mense met wie ek tegnies gesproke die toue met n chainsaw gesny het. Maar hulle het my onthou ..

My oë blink. Ek kyk na 2010 en dink by myself ‘this is do or die’ .. daar is nie alternatiewe nie. Ek is bang, ek twyfel en voel nie opgewasse nie. Ek wil omdraai en weghardloop van myself, maar dis nie prakties moontlik nie.

Do or die.

“Vir ons is n Seun gebore .. aan ons is n Seun gegee ..”

Waarom staar ek oop-oog blind teen my antwoord vas?

Geseënde Kersfees.

No comments:

Post a Comment