Saturday, December 19, 2009

Careless Whispers



Responsibility ... Response Ability.

Hmmm ..

Goeie besluite. Iets wat ek skynbaar verleer het om te doen.

2009.

Ek weet nie wat om te sê nie. Ek kry trane in my oë en ek voel tien vingers hopeloos te styf om my keel, maar dis so ver soos ek kom. Woorde het ek nie. Dit was seker die beste en slegste jaar van my lewe. Gelyktydig.

Ek is bang om dit in woorde uit te skryf, asof dit erkenning aan die pas afgelope jaar sal gee as dit iewers aangeteken staan.

Ek dink terug aan my laerskooldae. Hoe ek met my BMX deur die kreukels van die grondpad sou jaag om by die huis te kom, want ek moes my trotse ouers vertel waarom ek die ster op my voorkop het, vertel hoeveel albasters ek pouse gewen het, of met die rooi klaskaptein band om my lyf (al was dit n alfabetiese seleksie) rond paradeer het asof ek een van die koninklike wagte was.

Ek onthou toe ek myself hees gehuil het omdat ek n A maar my beste maat n B+ op haar rapport gekry het. Ek het gedink die + is beter.

Mens kan nie anders as om die onskuld van kinders te bewonder nie. Ek smag daarna, die dae toe ek minder geweet het. Toe ek nie die monster in die spieel herken het as myself nie. Toe ek n towenaar was omdat ek die spookasem in my mond kon laat verdwyn, die soet nasmaak op my tong my geheim. Toe ek in n perd se oë kon kyk en momenteel sy taal kon verstaan, en hy myne.

Ek was nooit bang vir die donker nie. Ek besef dit nou eers, soos ek hier skryf. Ek kan nie aan n enkele keer dink wat ek gevra het vir die lig om te bly brand nie. Die donkerte maak my rustig, binne my.

Hier sit ek egter, ek het die hare en make-up verander. Maar dit maak nie n verskil nie. Ek is moeg gesoek na wat my doel op aarde is, hoekom ek hier is. Ek is geïrriteerd omdat ek gyselaar gehou word binne myself. Ek is soms meer kwaad omdat jy my pad gekruis het as wat ek is omdat jy weggeloop het. Ek sou ook weggeloop het van my, as ek kon.

How can one person be so passive aggressive towards change if they fully realise how vital it is for their future, for their mere survival? Hoekom lyk ek soos wat ek doen, hoekom is ek soos wat ek is .. en hoekom preek die wêreld daarbuite bull$h!t onder die vaandel van ‘unconditional love and acceptance’?

“Time can never mend, the careless whispers of a good friend, To the heart and mind, ignorance is kind, There’s no comfort in the truth, pain is all you’ll find”

Hmm .. stof tot nadenke.

No comments:

Post a Comment