Tuesday, December 22, 2009

Retoriese vrae




Waarom probeer mense gees vang vir Kersfees? As dit werklik uit jou hart uit kom, gaan dit mos nie nodig wees om dit oor n toonbank te koop nie? Of word geloof deesdae ook in blink papier toegedraai?

Hierdie is die eerste jaar in my hele lewe waar ons nie n Kersboom het nie.

Dit beteken nie ek herdenk nie die dag nie, maar vier dit op n stiller manier in my hart as ek nog so iets het.

Change change change .. die woord rondomtalie in my kop tot ek wil duiselig word daarvan. Change is always for the better, right?

Hmm. Ek dink aan hoe n aangenome kind moet voel wat na jare na sy biologiese ouers soek en opspoor, met n kognitiewe prentjie van hoe hy dink hulle moet wees .. en dan die teleurstelling as hy sien hulle is alles wat hy nie gehoop het hulle sou wees nie. Die ontnugtering.

Dis hoe ek nou voel. Asof die skille van my oë afgeval het en ek vir die eerste keer myself sien vir wat ek regtig is. Nou wat nou? Waarheen hiervandaan? Want obviously het ek drie dekades lank gebou aan n leuen. Want ek is nie wie ek gedink het, durf ek se, gehoop het om te wees nie.

How does one escape if you are your own living nightmare? Wat is die punt van dit alles, waarom die moeite doen om nuwe mense te leer ken en hulle nader aan jou toe te laat as jy weet jy gaan hulle weer net so wegstoot op n mooiweersdag? Waarom .. waarom gaan mense dood wie die lewe meer nodig gehad het as wat ek daarmee doen?

WTF.

1 comment:

  1. Laaste paragraaf maar veral die heel laaste sin...
    Ouch.

    ReplyDelete