Sunday, December 27, 2009

Sleepwalking past your name




Hierdie tyd van die jaar, feitlik elke jaar vir solank ek kan onthou, doen ek voorraadopname, inventaris in die hand. Elke sin in my kop eindig met n vraagteken. Ek antwoord vrae met nuwe vrae.

En vir een of ander rede kom ek telkens voor dieselfde woord te staan: Hoop.

Dis n konsep wat my wind met n gebalde vuis heeltemal uitslaan, die mat onder my voete uittrek wanneer ek dit die minste verwag en soms n emmer yswater oor my kop uitgooi, sommer vir die lekker.

What gives people hope?

Vir my? Honestly? Goed wat nie in papier toegedraai kan word of met geld gekoop kan word nie. Punt lyn.

Dis nie noodwendig die sonstraal wat n goudgeel strik in die blou lug vorm nie, maar die invalshoek waarteen dit een enkele doudruppel in n bottelgroen bos tref en vir n oomblik in tyd die mooiste liquid-diamant op aarde binne jou bereik plaas.

Jy het soms nie die selfvertroue nodig om die bike te ry nie, net iemand om in jou te glo dat jy dit sal regkry.

Skool was hel op aarde, maar meeste van ons het n gunsteling onderwyser gehad wat ons nie wou teleurstel nie. En die punte in daardie betrokke vakgebied het dit meeste van die tyd bewys.

Wat ek nou gaan se is dalk vir party mense verregaande .. dit mag dalk selfs as vals hoop bestempel word.

Maar soms kom daar mense op jou lewenspad, in die tyd van moderne tegnologie nie eers altyd mense wat jy in die werklike lewe ontmoet het nie …

En tog wil ek se .. your existence gives me hope.

Dis seker nie iets konkreets om aan vas te hou nie, maar wanneer mens heeltemal niks het nie, jou vingers versteen het en verleer het om te buig, is dit genoeg.

Your existence gives me hope .. hmmm. Maar jy is lankal nie meer myne nie, was nooit myne nie. Jy het nooit regtig eers van my gehou nie, waarskynlik net die aandag geniet. En tog .. met jou .. moet ek myself aan die volgende herinner .. en dankbaar wees ..

“I have to remind myself that some birds aren't meant to be caged. Their feathers are just too bright. And when they fly away, the part of you that knows it was a sin to lock them up dóés rejoice. Still, the place you live in is that much more drab and empty that they're gone. I guess I just miss my friend.” [The Shawshank Redemption]

No comments:

Post a Comment