Wednesday, December 30, 2009

Verdwaal

30 Desember.

Ek word al hoe besiger in n poging om minder te dink. Besig om die matte te stofsuig toe die gedagte vanuit die bloute my tref: ek het nog nooit lank genoeg n vriendin gehad om te se ‘we were childhood friends or we went to varsity together’ nie.

Yup ek ken heelwat erg spesiale mense, vriende en vriendinne, vir n mooi klompie jare. En dis mense vir wie ek omgee. Maar niemand wat kan se ek dink hierdie haarstyl sal jou beter pas of ek dink daardie klere gaan perfek saam nie. Vir so lank ek kan onthou. Dit was maar nog net altyd ek op my eie. Seker waarom ek dit nog nie gemis het nie.

Ek is n stille runaway. Ek IS n stille runaway. En was nog altyd. Dis nie iets om op trots te wees nie, dit maak seer. Dit voel soos n siekte of straf wat ek nie verstaan nie, met die gevolg dat ek nie weet wat om daaraan te doen nie.

Waarvoor is ek so bang? Commitment .. Met enige iets wat ek in die lewe aanpak? Bang vir geluk .. want wat as dit werk?

Anyways.

30 Desember. Ek was tot my eie verbasing fine tot nou toe. Ek het Kersfees oorleef en skynbaar 2009 ook.

Tot vanmiddag.

Tot nou.

Ek vrees more aand hierdie tyd in afwagting van die nuwe jaar. Ek het gedink ek gaan sterker wees. Maar dis asof die realiteit van 2009 wat ek so diep begrawe het sonder om ooit daaroor te huil alles met een slag in n fratsgolf wil terugkom en oor my wil spoel met die intensie om my te verdrink.



Ek was so seker die seer is diep genoeg weggebere dat n dapper smile die ding sou doen, maar nou breek ek, kom daar krake in die mure waaraan ek so hard gebou het. Binne my kruip ek weg soos n klein kind wat weet hy is in die moeilikheid of die boelies gaan hom vang.

Ek wil 2009 verby kry .. iemand asb vat dit net weg .. maar 2010 .. n nuwe jaar maar wat is dit meer as net nog n dag. Terminale pasiente se siekte word nie op hold gesit nie.

Ek was veronderstel om sterker te wees as dit. Dis asof die jaar homself in split-sekonde flashbacks voor my afspeel. En die nagmerries wat mens gebid het net drome is nou as realiteit voor jou staan.

Ek was veronderstel om sterker te wees as dit.

‘We are not the same persons this year as last; nor are those we love. It is a happy chance if we, changing, continue to love a changed person.’

Ek was veronderstel ..

Sterker ..

Ek kan nie ..

Ek kan nie ..

2 comments:

  1. 31 Desember 2009 01h06......net nog n dag.

    ReplyDelete
  2. Jy is en gaan wees!

    Punt, klaar!

    Strength :
    capacity for exertion or endurance; power to resist force...

    Vrede

    H

    ReplyDelete