Friday, December 11, 2009

The Y in myself




Perspektief.

Hmm. 5 x 2 of 6 + 4 of 13-3 .. die antwoord bly 10. En jy kan die som beperk tot die tafels wat ons in kindertuin geleer het of ingenieurs wiskunde toepas en steeds vind .. die antwoord bly 10.

Dit maak dus nie saak van watter angle ek die saak bekyk nie, die oorsaak en gevolg van wie en wat ek is = is myself. Soos n passer wat draai om sy eie gat (en deur chroniese herhaling van die patroon in die proses self daarin geval het).

Die eie EK. Die antwoord bly dieselfde op al die vrae ..

Wie ken my die beste? Wie is my grootste vyand? Wie kan my help om te verander? Wie kan daai verandering stuit? Wie kan my vergewe en wie kan deurnag met my baklei? Wie kan reik na die sterre en hulle pluk soos blomme? Wie kan daai einste sterre soos kerse uitblaas?

Need I say more?

Hoekom is rou eerlikheid makliker teenoor n vreemdeling as teenoor myself? Hoekom is vergifnis makliker teenoor iemand wie my seergemaak het as teenoor myself? Hoekom is advies so spontaan maklik om uit te deel totdat ek my eie raad moet volg?

Ek het myself al die vraag gevra, en ek vra dit blatant weer:

Why am I my own prisoner .. when I am the one holding the key?

No comments:

Post a Comment