Sunday, December 6, 2009

Bronne van (erge) frustrasie




Magteloosheid breek my. Punt lyn. Ek gee nie n flenter om as ek self die en is wat vassit in die web nie, maar om siele wie vir my belangrik is te sien spartel en te weet ek kan niks daaromtrent doen nie .. dit maak my dood van binne af.

Wanneer ek voor my siel weet ander mense ‘have no idea’ watter rol hulle werklik in my lewe vertolk nie. Juis omdat ek n ekstreme introvert buite die grense van hierdie blog is, weet ek .. hulle sal nooit weet en werklik besef nie.

En dit maak my hartseer. Want .. ek sien siele, nie mense nie. So ek hoef nie noodwendig iemand in persoon te ken om die tekstuur van sy siel te voel nie.

Dis waarskynlik ook die rede waarom ek dikwels harder as die gemiddelde persoon op straat val wanneer so n siel aan my lewe onttrek. Mense kom en gaan .. maar die spore wat n siel trap, is blywend.

Wens net vanaand ek kon meer doen, meer beteken, en meer dankbaarheid betoon teenoor die wat dit werklik verdien. Maar my wens .. soos al die ander .. eindig net in n eggo van n sug.

No comments:

Post a Comment