Wednesday, December 23, 2009

Doolhof




Ek was skottelgoed. Party bakke is skoner as wat nodig is, want my geestesoog kyk verby die pastel-blink kleur van die borrels skuim voor my. Een van die honde trek my aandag en bring my terug na die te skoon bak in my hande, wat ek gedweë goedsmoeds in die afdroograk neersit.

Een van die bure het dit klaarblyklik goedgedink om na Dana Winner te luister, hard genoeg dat ek, in ballingskap voor die wasbak, geforseer is om elke woord te hoor.

Follow your heart, hold on to your soul
That is the way I know
Follow your star 'till rainbows unfold
And we'll walk in the sun as one
until the end of the road


Hmm. Ek het lus en skree bull$h!t oor die muur, want dit werk nie so in die regte lewe nie. Ek word van voor af kwaad vir jou, want jy het alles gevat .. and left me with me.

En ek wil vir Dana Winner verduidelik dat mens se hart vir jou lokvalle stel, dat jy jou siel aan die duiwel verkoop, dat jy ook eens op n tyd jou leuens in reenboogpapier toegedraai het.

Ek sit vandag en wonder of ek my ou blogs moet begin lees op soek na leidrade van wie ek was of veronderstel is om te wees. Dit voel nie soos Kersfees nie. Ek play-rewind 2009 in my gedagtes, ek probeer dinge undo undo undo tot ek jou weer kan losteken van my, sodat jy hierdie keer kan terugstap in die rigting waarvandaan jy gekom het, but facing me. Having the guts to face me.

Maar ek hou aan myself verloor.

Jy het my siel verlam.

1 comment: