Tuesday, December 22, 2009

Phantom Agony




Alweer sulke tyd.

Doodmoeg maar sukkel om aan die slaap te raak. But once I do, the nightmares take me hostage.

Die vorige nag was daar (weer eens) geskrewe boodskappe. Hulle was genommer. En oral versprei soos leidrade: op my e-mail, selfoon, en selfs gevoude briefies in n notaboek.

Maar oudergewoonte, sodra ek by hulle kom, verdwyn die letters, of word die boodskap somehow delete voor ek dit kan sien. Dit maak my mal van frustrasie.

En die man, amper soos n hedendaagse stalker, silhouette vorm in n lang swart jas en met n hoed op. Hy was daar om elke hoek en draai. En al kon ek hom by tye nie sien nie, was sy teenwoordigheid onmiskenbaar.

En ek moes vlug, hardloop, soek, oplos .. soos feitlik elke ander aand van my lewe. Dan staan ek weer op in die oggend, meer moeg as toe ek die vorige nag gaan slaap het.

Ek droom soms steeds oor jou. Maar ek wil nie .. please make it go away?

No comments:

Post a Comment