Vriendin van my se seuntjie het n teorie oor waarom die muskiete so lief is vir hom. Hy se dis omdat hy net 8 jaar oud is en dus as’t ware nog vars is vir hulle.
Hmm.
Dit herinner my met n ompad aan die volgende. Jy het kwaad geword hieroor. Ek het nooit gese dit was vir jou nie, maar soos dit twaalf dae later sou blyk, het die skoen jou inderdaad perfek gepas.
BOUNCE
take my heart
rip it out
go ahead
it’s ok
you can’t kill
the already dead
throw it against the wall
let it make its mark
fingerprints in red
bounce back
like a rubber ball
like the toy
that it has become
watch it fall
fake a beat
play dead
tired
worn
torn
broken
and i suddenly wonder
was it ever whole
to begin with?
© 01.02.2009
Anyways. Ek het my skryf musiek aan. Een spesifieke song wat my altyd onmiddellik in my wereld verplaas, diep in die donker van die woud met my arms styf om die bome gedraai. Veilige vryheid.
‘Seven Sirens and a Silver Tear’. Nogal n gepaste temalied indien enige van my blogs ooit in n biografiese fliek sou ontaard .. maar dis net woorde.
Dieselfde woorde waarmee mense lewenslange trou aan mekaar beloof (en dit weer breek), dieselfde woorde waarmee n siek persoon bid om genesing, dieselfde woorde waarmee lande vredes-ooreenkomste met mekaar sluit en dieselfde woorde wat n moordenaar uiter voor hy die sneller trek.
Dit is alles net woorde.
Net jy .. wat nie koebaai kon se nie. En die eggo van n sug n lewenslange konkrete werklikheid vir my gemaak het.
Geestelik is ek besig om woorde in die sand te skryf. Soms wen die wind my en waai hulle weg voor my hand hulle kan platvee. Dis die ding van woorde .. mens tel hulle op soos die woorde in die sand, hou vas dit in jou hand, maar wanneer jy jou vuis net effens oopmaak val die korrels een vir een na onder en word ontvoer op die asem van die wind.
2010. Ek kan nie besluit of ek dit wil uitstel of aanjaag nie. Soos n tandarts afspraak. Jy weet dis uiteindelik tot jou voordeel. Maar ‘uiteindelik’ word eers voorafgegaan met n proses.
Ek dink aan verandering. Big time.
Nie verandering nie. Dis meer soos, hmm .. as mens iets verloor het. Jy soek rond deur die huis en vind dit nie, maar weet dit was hier iewers. Dan begin jy vir n tweede en derde maal oor jou eie spore loop, kyk weer en weer en weer op dieselfde plek .. net ingeval jy die vorige keer iets misgekyk het.
Going forward in reverse. Dis basies wat ek in gedagte het. Ek moet vorentoe beweeg, maar om goedsmoeds met oogklappe die toekoms in te strompel en te hoop vir n nuwer beter ek, gaan nie volhoubaar wees op die langtermyn nie. Want krake wys weer na n tyd al verf jy oor hulle.
So ek moet weer en weer op dieselfde plekke gaan soek na stukkies van myself totdat ek weer n heel prentjie kan vorm. Ek moet die slegte dele uitsny en die goeie dele enhance. En al daai glasstukke op die grond een vir een optel en n mosaiek maak wat n splinternuwe prent vorm.
Klink so maklik as mens dit in n paar reels kan verwoord. But it’s do or die. En tyd het geleer dat die maklike pad in die meerderheid van gevalle nie die beste pad is nie. Maar dat jy eerder die moeilike pad vat, vol kronkels en draaie wat jou slyp en vorm sodat jy perfek aan die ander kant uitkom.
My venster is wawyd oop. Die naglug is koel maar nie koud nie. Dit dou liggies buite, want ek ruik vars aarde. Sonder make-up .. net vars ongekunstelde aarde. Ek asem diep in en bere die reuk so tydjie in my longe voor ek weer laat gaan.
Anyways. Verandering. Ek weet waar ek was en waar ek weer wil wees. Of ek dit kan regkry is n heel ander storie all together. Die een oomblik is ek dapper en sien ek kans vir die uitdagings maar die volgende oomblik wil ek diep in daai einste woud gaan wegkruip, die skaduwees soos komberse om my vou en hoop dit maak my onsigbaar.
Maar die lewe is kort. En word korter by die sekonde. Ek kan nie weer n 2009 he of iets wat dit net naastenby resemble nie. Ek kan eenvoudig nie.
Een van my vriende se altyd, as hy moet weet hy het net x aantal jare oor om te leef doen hy weet-bix en rooiwyn elke oggend vir ontbyt. Hoekom nie? En hy het dalk n punt beet, want ons weet nooit wanneer daardie streep vir ons getrek gaan word nie.
Dalk gaan ek nog voor ek die publish post button geclick het, dalk sien ek 97 soos my ouma op hierdie stadium. Point is, we never know.
En toe kruis die volgende woorde van wysheid my pad vandag (ek dink nie dit was toeval nie, they were meant to find me):
“The shell must break before the bird can fly.”
Presies! Maar daar is geen fineprint om te waarborg dit gaan n maklike of pynlose proses wees nie. Die wond waar my verstand-tand nog 5 dae gelede gesit het, getuig daarvan. Thus it will be do or die after all. Alles of niks.
And change will be for the better. It will háve to be for the better. Ek mag nie vir minder as dit settle nie, maar dit gaan van my en my alleen afhang .. en dis waar die wantroue in myself kop uitsteek.
Ek sluit die preek aan myself af met die volgende, en ek het net die eerste reeltjie hier geplak, die res is nie eers nodig nie:
“What I do today is important because I am paying a day of my life for it.”
Wat as vandag onwetend my laaste dag is? En al wat ek doen is vashou aan die niks waarmee jy my gelos het nie .. en ek skryf die woord koebaai in die sand.
Monday, December 28, 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment