Friday, November 6, 2009

Pause




Ek weet nie hoekom .. hoekom ek vanaand soveel hoop het nie. Nee, dalk nie hoop nie. Vrede. Vryheid. Asem.

Ek google n woordeboek defiinisie van hoop .. ‘To wish for something with expectation of its fulfillment’.

Ek staan kaalvoet op n minora blade. Dis n 50-50 balans sonder enige desimale. My identiteit .. ehm .. wie is ek, wie was ek, wie is ek veronderstel om te wees?

Elkeen van die sinne in my gedagtes het n oop einde .. die punt gly weg op die vlerke van n traan.

Soms .. soms het mens niks meer of minder om aan iemand te gee .. as net jouself nie. Die wete dat dit nie goed genoeg is nie, dis ..

Dis uit my hande. Punt lyn.

The best is yet to come .. ek juggle feite en illusie .. ek weet nie watter een ek gaan raakvang nie. Maar vir nou is dit waaraan ek vashou.

One step, one hour .. one day at a time. Hoop .. dis soms n woord .. met handvatsels .. iets om aan vas te hou. Ongedefinieerd.

1 comment:

  1. "...wie is ek, wie was ek, wie is ek veronderstel om te wees?..."

    Vrae wat ek elke dag aan myself en my "mense" vra.

    "...Soms .. soms het mens niks meer of minder om aan iemand te gee .. as net jouself nie. Die wete dat dit nie goed genoeg is nie, dis ..
    Dis uit my hande. Punt lyn..."

    Punt klaar - 'n feit soos 'n koei.

    Ek's is wie en wat ek is - nie altyd maklik om met myself saam te leef nie maar dis ek. Weet ek maak die lewe moeilik vir "ander" om my maar ek probeer...

    Baie dankie vir die post - en jammer maar ek moes deel.

    Sterkte op jou pad!

    Vrede

    H

    ReplyDelete